Verskoning: Ons is tans besig om die hele web bladsy in Afrikaans te vertaal.

Daar is ‘n eienaardigheid omtrend die mens.
Soos ‘n pasgebore kalf wikkel ons uit die vliese, kyk na die helder son en die groen gras, snuif die lug en soek na die uier. Die behoefte is geprogrameer en ons soek die uier tot ons dit vind. En dan neem ons waar, ons ondersoek en ondek en vorm ons eie paradigma oor hoe ons nuwe wêreld werk. Ek dink die Skepper het dit so beplan. Op die manier kan ons oorleef, leer en uiteindelik floreer in ons nuwe realiteit.

Gee die proses ons selfvertroue? Ja.  
Miskien selfs ‘n oormaat van selvertroue!
Is dit beperkend? Verseker.
Bring dit ons nader aan die Waarheid? Nee.
Wel, dit help ons om oor die weg te kom met die realiteit van vandag maar dit doen nie veel om ons oë en gemoed oop te maak vir die groter werklikhede en horisonne van ons bestaan nie. Dit help ons nie baie om die domein van God te sien en te verstaan nie.

Byvoorbeeld, het jy al ooit gehoor van ‘n entomoloog wat bang is vir spinnekoppe? Nee, want insekte en spinnekoppe is sy passie en vorm deel van sy werk.
Is ons bang vir spinnekoppe? Ja!
Wat is die verskil?
Ons verwysingsraamwerk sluit nie ‘n noue verhouding met spinnekoppe in nie.
Ons vermy spinnekoppe en mag selfs ‘n fobie ontwikkel het vir spinnekoppe.

En dit is so van toepassing op al die aspekte van die lewe.

Kan jy sien hoe uiters beperk is ons ondervinding en hoe dit ons uitkyk op die lewe, ons verwysingsraamwerk en ons waarde sisteme strem?
Kan jy sien hoe baie aspekte van die lewe sien ons nie raak nie, ondersoek ons nie en gevolglik sluit ons dit uit ons gemoed.

Tog, maak die bietjie ondervinding wat ons het, ons dikwels so selfversekerd dat ons selfs gemaklik oordeel.

So, ek weet jy is waarskeinlik nie ‘n vliënier nie en dat jy heel moontlik ook nie met scuba toerusting duik nie!
Maar, klim gerus in my vliegmasjien, maak jou gordel vas, sit terug en ontspan. Ek wil jou graag ‘n bietjie rond wys op die “plek waar ons woon”.

Man sitting in the cockpit of a bright yellow ultralight helicopter with the door open, giving a thumbs up while parked on grass with trees in the background.

Kom vlieg saam met my!

Ek sal jou toergids wees.

***


Ek krul my vinger om die kontrole stang, druk die pre-roteer knoppie in en skuif die enjin revolusies op. Aanvanklik gebeur daar niks, maar dan begin die rotor teësinnig draai. Ek hou my duim op die knoppie, druk die stang ferm vorentoe en verhoog die revolusies. Die rotor bo ons koppe tel spoed op en die lae toon rommel verander in a hoë toon fluit.
Ons beryk 200 rpm.
Ek haal my duim van die knoppie af, trek die kontrole stang heeltemal terug, verslap die handrem en stoot die enjin revolusies to maksimum.

Die girokopter begin wind-op beweeg.  

Ek het aanloopbaan 06 gekies omdat die ongewone noordelike wind van nie meer as 8 knope nie, die windkous so effe gelig het in ons rigting. Die giro tel meer spoed op en skommel effe oor die gras. Ek ballanseer haar versigtig met my voete op die stuur and my hand op die stang. Drie magpies waggel oor die gras, styg op en kantel skerp om uit die pad van die vliegmasjien te bly. Twee magpie larks op regterhand sak af op hulle dun beentjies om die naderende windstorm te trotseer. Interessant hoe hierdie voëls wind kan trotseer. Ten spyte van hulle delikate bou, sal hulle dikwels vir lewe en dood aan ‘n takkie vasklou en ‘n sterk wind weerstaan met vere wat warrel in alle rigtings. Amper asof hulle dit geniet om ‘n storm te trotseer.

En dan lig die vliegtuig gemaklik op die drumpel van die lug.  

Die propeller wat van agter stoot, forseer die onsigbare stroom van lug deur to rotor blaaie op die toring and beur die girokopter opwaarts in ‘n styl klim. Ons kantel links op 500 voet, klim to 1000 voet waar ek die revolusies terug bring om ons gemaklik teen 65 knope te laat vlieg. Die vliegtuig gly gemaklik op die gladde oggend lug, die woef-woef van die passiewe rotor blaaie bo ons koppe die enigste aanduiding dat iets ons hier bo moet hou. Die dak van wollerige wolke raak aan die rotor en warrel in die ronde. En ek en jy word ewe lomp, ere besoekers aan die onwerklike wêreld van die voëls!

Ons kyk af deur die koepel vensters van die vliegtuig na die plat aarde daar onder. Motors kruip op-en-af op strokies grys teerpad. Klein, vierkantige figgure met swaaiende arms aan die kant, loop op die sypaadjies, klim in-en-uit motors, verdwyn in geboue of hardloop rond op die sportveld met atletiek klere aan. Die bome wat gewoonlik stamme en takke het om hulle blare in die lug te hou, is nou net plat, groen vlekke op die grond. Alles behalwe ons, insluitend mense, bome, motors en huise sit vas aan die aarde asof ‘n krag hulle daar hou. Tog lyk almal baie gemaklik met die toestand en is hulle baie besig met alles wat die plat aarde het om aan te bied.

Kyk daardie motor met die blou lig op sy dak!
Ons kyk toe terwyl die polisiemotor ‘n klein rooi motortjie agterna sit en oëskynlik van die pad af druk. Albei kom tot stilstand. ‘n Viekantige blou figguurtjie klim uit die polisiemotor en skuiwe oor na die rooi karretjie terwyl die blou lig bly flits.

Die spoedmeter voor my wys 65 knope. Ons glimlag tevrede.
Daar is geen sulke gevare hier bo in die ruimtes nie!

Bokant ons koppe is daar ‘n dakvenster. Lang ligstrale glip tussen die naby-wolke deur. Die rotor blaaie sny die strale in kort strokies sonlig wat deur die kajuit flits soos aangename gedagtes.  

Uit hierdie plek hou die voëls ‘n noukeurige oog op die mense en gebeure daar onder. ‘n Wollerige bondeltjie hond word deur ‘n vierkantige blokkie mens met ‘n toutjie gesleep. Ten spyte daarvan dat bome net kolle is, het hulle lang skaduwees wat rek en krimp.
En terwyl hulle ‘n ogie hou op die aardlinge daar onder, drywe hulle op die lug strome, skiet deur die ruim en duik af na die aarde – baie meer vry en gemaklik met die ruimtes as wat die figgure op die grond is met die kragte wat hulle beheer.

En ons realiteit?
Ek is jammer my vriend, maar die petrol raak ‘n bietjie min. Ons sal moet gaan land om weer te hervul. Na ‘n aankondiging oor die radio, ‘n vinnige nagaan van die vliegtuig en kontrole van die lugruim rondom ons, sak ons teen ‘n invalshoek van 35 grade en land veilig op aanloopbaan 06.

***

Ek plaas ‘n handvol sonneblom saad op die hout tafel, kyk op en fluit. Die Koning Papegaai leun effe vooroor om beter te kan sien. Dan val hy, kop eeste, van ‘n takkie 25 voet bo die grond. Sy hoek van inval is amper vertikaal. Hy hou sy vlerke naby sy lyf om te verhoed dat hy sydelings kantel en val teen ‘n spoed wat hom amper onsigbaar maak vir die oog.  Net voor hy die tafel tref lig hy sy kop, flits sy vlerke oop en stertvere op. Met ‘n paar vinnige vlerkslae land hy ligvoets langs die saad op die tafel. ‘n Uitstekende landing wat geen mens kan naboots nie! Asof niks snaaks gebeur het nie, draai hy sy kop effe skuins en kyk my in die oog, groet beleefd en val weg met ontbyt.  

‘n Paar minute later land Mev Koning Papegaai op dieselfde tak. Die Koning draai sy kop skuins, betrag haar met sy regter oog en stop vir ‘n oomblik diep in gedagte. Dan trap hy op in die lug, sprei sy vlerke en werk afwaarts en terug, sy stertvere gesprei vir ‘n styl klim. Van ‘n posisie van rus, klim die papegaai gemaklik teen ‘n hoek van 80 grade! Hy stuur homself, mis takke en blare en op die korrekte hoogte, verstel hy sy hoek en spoed en land ligweg op ‘n tak langs sy wyfie. Hy loer skuinsweg na haar skoonheid en hou sy kop trots omhoog. Sy laat haar kop sak in onderdanigheid.

Maar as hierdie klein vliegmasjientjies nog kleiner word, dan word hulle vliegkuns selfs nog meer asemrowend!

Jaques gee opdrag dat ek op my maag moet lê, in die dammetjie kyk en vir hom vertel wat ek sien.  
“Ek sien water, lelies, alge en ‘n padda” rapporteer ek self voldaan. Jaques studeer entomologie by die universiteit. Ek het pas tien geword.

Hy haal ‘n vergrootglas uit sy sak en hou dit uit na my: “Kyk weer” sê hy met gesag.  

Vir ‘n geruime tyd was dit doodstil en hoe meer ek kyk, hoe meer kon ek sien. Klein insekte loop op die water oppervlak, die meniskus effe ingeduik onder die pootjies asof hulle rondloop op Ouma se verekombers. Dan kom daar ‘n jetski verby, sy pootjies maal die water soos ‘n boot se skroef. Ek kyk deur die oppervlak en fokus op die dieper water. ‘n Klein vissie, die grootte van ‘n potlootpunt, koggel ‘n paddavissie met twee klein beentjies langs sy deursigtige stert. ‘n Larwe van een of ander insek verdwyn in die modder toe my skaduwee oor hom val.

Skielik hoor ek ‘n gewoer bokant my kop.  
Ek kyk op in die reuse koepels van twee saamgestelde oë. Die naaldekoker hang oor die water sowat drie voet van my gesig. Hy inspekteer my, die indringer, noukeurig en in volle kleur deur sy 30,000 optiese eenhede rondom ‘n 360 grade as van ondersoek. Sy vier vlerke wat vibreer teen 30-40 siklusse per sekonde is effe windop getilt om die ligte bries te neutraliseer.
Hy hang bewegingloos in die wind.  
Ons word fyn dopgehou deur een van die mees gesofistikeerde vliegmasjiene op die planeet!

Uit die hoek van my oog sien ek ‘n tweede naaldekoker land op ‘n riet naby die waterkant. My inspekteur tru versigtig 3 duim om beide van ons gelyktydig te kan dophou. Die volgende oomblik kantel hy na regs en in ‘n oogwink sluit hy aan by sy minnaar in die lug. Dan volg ‘n blitsige tandem vertoning wat amper onmootlik is om met die blote oog te volg. Teen 50km per uur flits die paartjie oor die dam.  
Die wyfie probeer om buite sy beryk te bly, draai teen skerp hoeke na links en regs, op en af, maar kry dit net reg om ‘n paar sentimeter voor te bly. Niks wat sy probeer kan haar minnaar afskud nie.

Asof gereël deur ‘n spesiale sein, land beide gelyktydig en akkuraat ‘n vlerkwydte uitmekaar op ‘n waterlelie blaar. Sy rol haar blou, saamgestelde oë en hy tuur diep deur die glas koepels met 30,000 uitdrukkings van liefde. So lyk die hofmaak proses, meer as 300 miljoen jaar oud, van een van die mees gesofistikeerde insekte in die diereryk.

Arende en aasvoëls sweef hoog in die lug, naby die wolke. Hierdie meesters van die sweef-kuns lees die winde en gebruik die hitte golwe om sonder ‘n enkele vlerkslag te kan styg tot hoogtes van 6,000 tot 10,000 voet. Hier dryf hulle in groot sirkels terwyl hulle die wêreld daar vêr onder met verkyker oë verken. As hulle besluit om lang afstande te reis, klim hulle tot so hoog as 30,000 voet om die dun lug met lae weerstand te benut. Die temperatuur hier kan val to minus 50 grade Celcius en die suurstof vlakke so laag dat ‘n mens net met ‘n suurstof masker sou kon oorleef. So, kom ons sak liewer weer ‘n bietjie laer af na 10,000 voet!

Hierdie is die stil ruimte van kundiges in die seil van die winde. Terwyl hulle die lugskip op stuuroutomaat bestuur, het hulle genoeg tyd om te verken. Beide aasvoëls en arende het kragtige sig, wat dié van mense ver oortref. Hulle kan ook in 'n breër reeks kleure sien, het beter dieptewaarneming en 'n skerp sin vir bewegingsopsporing. Hulle deursoek die aarde se oppervlak vir prooi en aas terwyl hulle die gedrag van ander lugvaarders om hulle noukeurig dophou. As een iets van belang raaksien, sal hy begin sirkel, wat die aandag van die ander trek. Die aasvoëlspan sal in 'n wye sirkel bymekaarkom om te ondersoek wat onder gebeur. Wanneer alles gunstig lyk, sal die sirkel oorgaan in 'n spiraalvormige afdaling wat eindig in die stadige landings van Hercules-agtige vragvliegtuie rondom die aas.

Maar arende jag eerder in pare. Wanneer prooi opgespoor word, sal hulle uit die lug duik teen spoed wat 160 kilometer per uur oorskry, en in die geval van die Peregrine valk, tot 386 kilometer per uur! Die impak en daaropvolgende stryd op die grond is dikwels net so indrukwekkend soos die byna-vertikale duik wat dit voorafgaan.

En dan kan vlieg bloot vir suiwer vreugde wees! Kyk net na 'n swerm Galahs terwyl die son op die horison in die Outback lê. Hulle draai en tuimel, swaai en swenk, en koggel die stadigbewegende aardbewoners op die grond met 'n grys en pienk vertoning in die ryk laat lig.

’n Paar visarende sal deur die lug swiep terwyl hulle mekaar die hofmaak. Hulle sal mekaar terg, duik en kloue haak om in skouspelagtige bollemakiesie, tuimelend deur die lug val om eers gevaarlik naby aan die grond van mekaar te skei. Moeg vir speel, sal die twee dan hoog oor hul gebied vlieg, hul heerskappy aankondig met luidrugtige fluit-roepe (Icthyophaga vocifer – so genoem deur die voëlkenner François Levaillant) wat kilometres vêr gehoor kan word.

***


Met die son agter ons rug breek ons die silwer plafon. Die blou uitspansel strek rondom ons so vêr as wat die oog kan sien. Ons dryf in die ruimte, gewigloos en sonder vlerke. Die aarde daar vêr onder het sy greep op ons verloor.  
Eindelik is ons vry! Geen skreeuende enjins, geen suisende rotorlemme, en geen vlerke nie!

Ons liggame tuimel soos lappoppe deur die ruim en ons draai in die rondte om na die plafon te kyk. Die lig skitter in skakerings van wit, silwer, blou en groen teen die gebreekte wolke.

Maar waar is die voëls? Daar behoort voëls in die lug te wees!

En dan sien ons dit!  
’n karetskilpad (Caretta caretta) gly grootogig in ons rigting, nuuskierig oor die nuwe besoekers aan sy water wêreld. Hy het geen vlerke nie, maar die egalige beweging van sy plat vinne roei en stuur hom grasieus deur die water. Hy stop naby ons, hang bewegingloos in die ruimte en betrag ons met sy groot treurige oë.

Ons dryf stadig verder af na die seebodem. Die wit sand strek in lang stroke tussen die koraalbommetjies en rotsagtige uitsteeksels. Dit sou lekker wees om op die wit sand te land en na die rotse te stap, maar ons is gewigloos en dryf automaties in stadige beweging oor die vloer, meegevoer deur die strome. ’n Dolfyn verskyn in die veraf waas aan die regterkant. Die volgende oomblik is ons omring deur ’n honderd nuuskierige lede van die plaaslike skool. Hulle draai hul koppe ongemaklik en bekyk ons met lui grys oë. Hulle lyk vriendelik met die ingeboude skewe glimlagte, so asof hulle dit oorweeg om met ons langbeen, lomp wesens te speel. Een jaag die ander en stamp hom speels in die sy. Nog een tel ’n stuk seewier van die sand op en gooi dit in ons rigting.  

Dolvyne, soos walvisse, was eens landsoogdiere wat later terug na die see getrek het. Anders as seeskilpaaie wat hul hele skelet behou en voor- en agterpote in plat seilvinne omgeskakel het, het die bene van die onderste ledemate by dolvyne verdwyn. Gewysigde veselagtige bindweefsel het die nuwe vinaksie oorgeneem vir die aandrywing wat die stertvin vereis. Slegs klein oorblywende elemente van die bekkenbene het in sommige dolvyne en walvisse oorgebly. Dus sirkel hierdie merkwaardig aangepaste diere om ons, met kragtige maar ietwat lomp stertaksie vanaf die “heupbult” af, in vertikale hale. Die beenstruktuur van die voorpote is behou en (soos dié van die karetskilpad) is in goed ontwerpte borsvinne gepak om die rats wesens in staat te stel om te kantel, te rem, te draai en te gly deur die ruimte. Terwyl ons kyk, wapper die skool hul sterte, kantel en draai hul stuurvinne en mik na die silwer plafon bokant ons koppe. Die volgende oomblik breek hulle in formasie die oppervlak, asem diep in, duik af en verdwyn in die verte.

Dolvyne kan tipies hul asem vir 8-10 minute ophou, terwyl sperm walvisse bekend is om hul asem tot 90 minute lank te hou. Jy en ek kan slegs verby twee minute gaan as ons kul met duiktoerusting, soos ons nou doen!

Die stroom dra ons na die koraalrif. Soos ons nader kom, maak die blou-groen see-sluier plek vir van die mees dramatiese kleure op die planeet. Koraalpoliepe, sponse en alge in skakerings van rooi, oranje, pienk en pers vertoon die oorvloed van biodiversiteit in hierdie onderwater-ekosisteem. En dan, in plaas van die akrobate van die lug, die kleurspatsels van lorikette en koningspapegaaie, die blitsende spoed van naaldedekokers of die meesters van aanpassing wat die see se onderwater bevaar, kom die rif se plaaslike vlieëniers. Die rif- en diepseevisse is oorspronklik ontwerp vir die water-ruim. Hul sterte genereer voorwaartse beweging deur horisontale aksie terwyl die laterale lynstelsel verseker dat die plat, vaartbelynde liggaam ‘n vertikale oriëntasie behou. Die borsvinne beheer stuur, kantel en sweef terwyl ‘n reeks ander vinne gebruik word om te help met gevorderde navigasie, insluitend die rug-, stert- en bekkenvinne.

Ons word heel eerste begroet deur ’n groen, blou en pienk papegaaivis wat nuuskierig kom ondersoek instel. Hierdie grondwerke engineer is nie die mees lenige inwoner van die rif nie. Hy beweeg stadig, grom, knal en tjirp, en dryf statig heen en weer oor die rotse rond terwyl hy sy gesag laat geld. Hy kyk ons ietwat intimiderend aan en spoeg die ongewenste koutjies van koraal, rots en alge uit. Dit dryf stadig in die stroom af terwyl dit sink na die bodem waar dit gaan lê op die gruis mynhope van hom en sy vennote.

Agter hom kom ’n engelvis in elegante geel, room en swart uitrusting stilstaan, lig die lang geboë spies in haar rugvin nog hoër, en swaai van kant tot kant om die ontmoeting met die vreemdelinge beter waar te neem. ’n Chirurgvis in diepblou en geel afwerking kom nuuskierig uit ’n grot te voorskyn, maar verkies om vir veiligheid naby sy grot se ingang rond te hang.

Die grasieuse sebra-leeuvis roer op die rotsrand buite die grot. Sy pluime en vere wapper in die stroom om sy gestreepte romp. Maar hierdie fieterjasies is nie van veel nut in navigasie nie. Die klein roofdier sprei dan sy vinne om groter te lyk en vertoon in die proses sy giftige penne.
Ons stuur versigtig verby.

Dan verskyn ’n peloton geelstert-koningvisse uit die bloute. Die twee meter lange roofdiere kruis in formasie oor die rif, wat ’n reënboog van klein vissies laat wegskarrel vir skuiling. Hierdie vaartbelynde straalvliegtuie kan meer as 60 kilometer per uur bereik met ’n paar stertslae. Hulle sirkel om ’n bommie, merk ons op en kom nuuskierig nader vir ’n inspeksie. Ons kan amper aan die slanke reuse raak terwyl hulle geluidloos deur die waters om ons sirkel en twee rondtes voltooi. En dan, met ’n paar gemaklike stertslae, verdwyn hulle weer in die blou verte. Die lang, slank rompe flitsend in die son.

Die Skepper van hierdie plek is nie net ’n meester engineer nie, maar inderdaad ook ’n kunstenaar par excellence.

Ons het vir net oor 30 minute deur die ruimtes van die water-wêreld gereis, en ons lug raak min in die silinders.
Hierdie vlug kom ook tot 'n einde.  
Ons skop lomp met ons paddapote terug na die silwer plafon en breek deur die oppervlak. Die geel son en wit wolke is op ‘n blou doek daar vêr bo in die ruimte van lug geskilder. 'n Seemeeu skree hard en duik af om die vreemde besoekers uit die see van nader te beskou. Na 'n paar vernuftige slae van sy vlerke land hy op die water naby ons, steek sy geel gewebde pote deur die oppervlak om die vloeibare "lug" waarop hy dryf, te kan betrap.

So, dryf die seemeeu en ons saam op die grensvlak tussen die uitspansel van dun lug en die water-ruimtes van die oseane, elkeen met hul unieke skepsels, spesiale ontwerpe, hul vlug spesialiste en hul verstommende akrobate.

Maar ons, ons is van nature aan die aarde gebind.

***


En nou kom ons by die pynlike belydenis van jou toergids.

Ek het nog nooit 'n passasier op 'n toer in my girokopter geneem nie.

Emergency responder near yellow ultralight helicopter in field with fire trucks in background at golden hour.

Om die waarheid te sê, toe

gravitasie die oorhand kry

het my girokopter en ek uit

die lug uit geval. Deur

genade alleen, was ek die

fotograaf wat die foto hier

links geneem het.


Ek het gedink, miskien kan ons mekaar help om te ontsnap van ons beperkinge en tekortkominge.

Ek het nie vlerke nie, en ek beny die galahs en die arende. Selfs die mossie wat op die rand van die geut sit en “af val” om ‘n saadjie op die grond te soek. Ek het nie kiewe nie en kan nie my asem langer as twee minute ophou nie. Dus beny ek die groot visse van die oseaan en dolfyne wat in die golwe speel. Ek kan nie vinnig hardloop nie en my arms is nie sterk nie. Ek is stomgeslaan deur die elegante spoed van 'n jagluiperd en die krag van 'n olifant.

Ons werklikheid beperk ons visie, ons insig, ons vermoëns. Tog, in plaas daarvan om ons tekortkominge, ons onvermoëns, ons domheid en ons skuld te erken, maak ons aansprake, spog ons, lê ons eise en dan oordeel ons.

Watter kans het ons dan om ons oë en ons gedagtes oop te maak vir die groter horisonne van ons bestaan, of selfs miskien die domein van God?

So, kom vlieg saam met my.  
Maar dit verg nederigheid en eerlikheid sodat ons kan sien.
Dan kan ons die bande van ons persepsie breek en die grootste vlug van almal na vryheid neem.

Dit is die vlug van die gees.

Orange and yellow daisies with purple flowers arranged on white background.

 Volgende keer: iets anders

 Dink Namakwaland

The Song of Tap

The Song of Tap

an ode to the senses

Share to a friend

Every compelling story deserves to be shared. Take a moment to pass along the story to a friend or family. Your recommendation might be exactly what someone in your circle needs to read today. The best stories are those that bring people together.

Next Story

die plek waar ons woon
Back to the previous page

Not a   subscriber yet?

Click here to subscribe - it's free